Boerka

Detail van die kop en boonste torso van ’n syboerka.
Twee vroue in boerkas.

’n Boerka is ’n kleed wat vroue in sommige Islamitiese tradisies dra wat hul liggaam in die openbaar bedek. Die term kom oorspronklik van die Arabiese woord برقع, burquʻ of burqaʻ.

Die sluiergedeelte vir die gesig is gewoonlik ’n reghoekige, halfdeursigtige stuk lap met die boonste deel vas aan ’n deel van die kopserp sodat die sluier oor die gesig hang. Dit kan opgelig word wanneer die vrou dit wil doen. In ander style is die nikaab van die sluier aan een kant vas en bedek dit die gesig net onder die oë sodat die oë sigbaar is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search